Buy from our bookstore and 25% of the cover price will be given to a school of your choice to buy more books. *15% of eBooks.
Audiobooks by Rodeen Visser-Ludick
Browse audiobooks by Rodeen Visser-Ludick, listen to samples and when you're ready head over to Audiobooks.com where you can get 3 FREE audiobooks on us
"'Die tandmuis' is 'n oulike storie oor 'n tandmuis wat op 'n plaas woon en elke jaar 'n briefie aan die dorp se kinders stuur om hulle aan te moedig om mooi na hulle tandjies te kyk. Hy beloon hulle met 'n geldjie vir elke spierwit tandjie. Baie van die muise op die plaas moet hul huisies van modder en riete bou omdat die tandmuis net 'n paar tandehuisies per jaar kan bou. Elke jaar word baie muisies se riethuisies deur die harde winterreën vernietig. Rosie, 'n plaasmuis, is tiende op die lys om 'n tandehuisie te kry en het 'n slim plan beraam om die tandmuis te help om tande vinniger bymekaar te maak sodat almal voor die winter pragtige en warm tandehuisies kan hê."
"'Die nuuskierige varkie' gaan oor 'n varkie wat in 'n hok woon saam met sy familie. Hy raak moeg om net te eet en wil sien wat buite die hok is. Hy probeer verskeie kere om te ontsnap, maar misluk elke keer. Eendag kyk hy hoe die boer die hek oopmaak en so gebruik hy 'n krat om uiteindelik uit die hok te kom.
Buite ontmoet hy 'n oulike eendjie en ander plaasdiere by 'n dam. Hy maak vriende en speel te lekker saam met hulle. Die boer sien dit en besluit om die hok elke dag oop te laat sodat al die varkies kan gaan speel. Die storie wys hoe nuuskierigheid en deursettingsvermoë die varkie gehelp het om nuwe dinge te ontdek en so sy lewe te verbeter het."
"Hein en Lisa, die bederfde kleine brokkies gaan oor ‘n boetie en sussie, wat in 'n groot woud woon en nooit tevrede is met al die speelgoed wat hul ouers vir hulle koop nie. Hulle ouers werk hard om elke dag net nuwe speelgoed vir hulle te koop, maar die kinders bly ontevrede. Na 'n storm wat hul huis verwoes en hulle speelgoed beskadig, verdwaal Hein en Lisa in die woud. Hulle ontmoet 'n vriendelike beertjie, Bennie, wat hulle wys dat geluk nie in speelgoed lê nie, maar in die tyd wat saam met geliefdes spandeer word. Uiteindelik besef Hein en Lisa die ware waarde van gesinstyd en belowe om nooit weer vir nuwe speelgoed te vra nie, maar om eerder kosbare oomblikke saam met hul ouers te geniet."
"'n Baie oulike storie vir jong kinders
Kasper, 'n hasie met baie lang ore, word gereeld gespot deur sy maatjies in die woud omdat hy anders lyk. Alhoewel dit hom aanvanklik hartseer maak, leer Kasper om sy unieke eienskap te waardeer. Sy lang ore help hom om goed te hoor en selfs om oor die rivier te kom deur van boomtak tot boomtak te spring.
Wanneer die ander diere sukkel om by kos aan die ander kant van die rivier uit te kom, gebruik Kasper sy slim idee om 'n brug te bou met behulp van varingplante. Met die hulp van al die diere bou hulle die brug, wat hulle die hele jaar toegang gee tot kos. Kasper se slim plan red die diere van hongerte, en uiteindelik besef die ander diere dat sy lang ore eintlik 'n waardevolle geskenk is. Hulle vra om verskoning vir hul gedrag, en Kasper vergewe hulle, net te bly hy kon gehelp het."