10% off all books and free delivery over £40
Buy from our bookstore and 25% of the cover price will be given to a school of your choice to buy more books. *15% of eBooks.

Wintersrust

View All Editions

£16.99

This book will be delivered to your inbox immediately after payment. Some country restrictions apply.

Add To Wishlist
Write A Review

About

Wintersrust Synopsis

Een familie, van Britse en Boere-afkoms, se lojaliteite word verstrengel deur die gang van geskiedenis. Transvaalse politiek en Britse imperialisme sleur hul mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Hegte bande word op die slagvelde beproef en wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in ''n verskroeidaardebeleid en geurrillastryde, moet riskante keuses gemaak word.

Martin de Winter, bestem om sy land die twintigste eeu binne te lei, word noodgedwonge ''n suksesvolle jong generaal terwyl verbode liefde by hom spook.

Stefanie de Winter, ''n gevierde pianis, word wantrou deur die leiers aan beide kante. Lojaal aan haar familie, maar verlief op ''n Britse offisier, volg sy ''n noodlottige pad.

Karel en Rudolf de Winter, tweelingbroers, verknog aan mekaar, probeer die koeel ontwyk wat hul vir altyd sal skei.

James Henderson, Britse kavalleris en onverskrokke soldaat, word vasgevang deur sy lojaliteit aan sy land en sy liefde vir sy Boerefamilie.

Dokter Charles Henderson is geskok deur die doelbewuste verwoesting van sy aangenome land, Transvaal, en deur die aandeel wat sy broer teen wil en dank daaraan het.

Wintersrust is ''n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer. Sommige, oorweldig deur wanhoop, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ''n plek van vrede en vergiffenis uitkom. Ondanks woede en onreg ontdek die familie ''n mag wat sterker as oorlog is.

About This Edition

ISBN: 9781868425679
Publication date: 1st November 2016
Author: Gareth Cliff
Publisher: Jonathan Ball Publishers SA
Format: Ebook (Epub)