LoveReading

Becoming a member of the LoveReading community is free.

No catches, no fine print just unadulterated book loving, with your favourite books saved to your own digital bookshelf.

New members get entered into our monthly draw to win £100 to spend in your local bookshop Plus lots lots more…

Find out more

Die Boereoorlog

by Martin Bossenbroek

Die Boereoorlog Synopsis

Die Nederlandse historikus, Martin Bossenbroek, het in 2013 die Nasionale Nederlandse Geskiedenis-prys gewen vir sy nuwe kroniek oor die oorlog wat Suid-Afrika gevorm het, en die boek is ook in 2013 op die kortlys vir die AKO Letterkunde-prys geplaas. Beide hierdie toekennings is vername Nederlandse letterkundige pryse. Hierdie Afrikaanse hardeband, wat in 2015 as 'n Engelse en 'n Afrikaanse sagteband uitgegee gaan word, sal die lof en byval bevestig wat Bossenbroek reeds ontvang het, en aan Suid-Afrikaanse lesers die geleentheid bied om sy unieke storieverteltegniek te ervaar. Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is al verskeie dinge genoem: die oorsaak van apartheid, die voorganger van die Eerste en Tweede Wereldoorloe, en die eerste media-oorlog (waar joernaliste vir die eerste keer by 'n oorlog ingebed was). Dit het gehelp om die nasiestaat van Suid-Afrika te skep en meer as 'n honderd jaar nadat die oorlog geeindig het, lei dit steeds tot vurige debatte. In Die Boereoorlog bied Martin Bossenbroek vir die eerste keer aan lesers die volledige storie met ongeewenaarde insig en detail. Bossenbroek volg drie kleurvolle hoofkarakters: die Nederlandse prokureur, staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek, staatsekretaris en uiteindelike Europese gesant Willem Leyds; die Britse oorlogsjoernalis Winston Churchill, en die Boerekryger en toekomstige Suid-Afrikaanse politikus, Deneys Reitz. Bossenbroek se fassinerende nuwe blik op die oorlog troef Thomas Pakenham se klassieke topverkoper, en is 'n moet-lees vir alle Suid-Afrikaanse geskiedenis-entoesiaste.

Book Information

ISBN: 9781431410552
Publication date: 28th October 2014
Author: Martin Bossenbroek
Publisher: Jacana Media an imprint of Jacana Media (Pty) Ltd
Format: Paperback / softback
Pagination: 616 pages
Categories: Boer Wars,

About Martin Bossenbroek

Martin Bossenbroek is 'n mede-professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Hy het sy eerste graad in 1980 van die Vrye Universiteit van Amsterdam ontvang en in 1992 sy doktoraal van die Universiteit van Leiden. Hy is die outeur van vele akademiese artikels en Die Boereoorlog is sy sewende gepubliseerde boek.

More About Martin Bossenbroek

More Books By Martin Bossenbroek

Cover for The Boer War by Martin Bossenbroek
View All Books By Martin Bossenbroek

Share this book